Sunday, 11 August 2013

11 Augustus 2013. Whistler

Gaan gym en swem voor ontbyt.

Daarna lekker ontbyt net langs die hotel en tussen die boere stalletjies wat alles en nogwat verkoop in 'n Sondagmark by die "Upper Village"

Ons huur fietse en ry vir amper 3 ure op verskillende fietspaaie om verskeie mere en golfbane by Whistler-o.a ook waar ons na ski in die winter (Desember) van 2011 na die gym geloop het.

Middagete by die Fairmont hotel, bietjie geslaap vir 'n uur, deur die dorpie geloop en 'n baie lekker aandete by die Keg. 

Moeg raak ons weer gou-gou aan die slaap.

Fietsry by Whistler





Tonele by Whistler wat ons op die fietspaadtjies gesien het

















Middagete by die Fairmont hotel, so te se in hierdie tuin met die berg en skibane in die agtergrond





Tonele van die dorpie Whistler































1 comment:

  1. Lyk of dit 'n heerlike belewenis en fotos van die omgewing weereens pragtig.
    Julle twee moet dit terdee GEniet

    ReplyDelete