Saturday, 3 August 2013

3 Augustus 2013. San Francisco na Cloverdale (CA) via Sausolito, Muir Woods & Napa Vallei

Die hotel waar ons gebly het nie ontbyt nie so ons ry maar eers oor gedeeltelike toegemisde Golden Gate brug en neem n paar fotos van die noorde kant. Daarna na Sausalito net n paar myl verder vir ontbyt. Geniet dit om so tussen al die plaaslike mense in 'n klein kafee ontbyt te eet en 'n gedeelde koerant wat sirkuleer te lees.

Daarna ry ons so 10 myl verder na Muir Woods waar daar baie groot Redwood bome is. Dit was nogal koel maar gelukkig het die son uitgekom voordat ons in Napa kom.

Napa is n pragtige skoon mooi uitgelegde wyndorp aan die begin van die wereldbekende Napa vallei van letterlik 100e wynplase. Hulle se daar is 350!

Ons sien pragtige wynplase en stop by Signorella wynplaas waar ons wyn proe ( 4 soorte) en n kaasbordjie eet. By die swembad drink Arend bietjie wyn en Bertie eet (want hy moet nog bestuur). Geniet die ervaring terdee.

Ons ry uit die vallei so 30 myl verder  tot in Cloverdale waar ons afpak vir die aand . Ons is net betyds vir n vinnige oefensessie in die gym en daarna aandete by Meksikaanse restourant El Molcajete.

More beplan ons oa om Redwood Nasionale Park te besoek en om Dv Oregon binne te gaan

Lombard Straat (the most crooked road in the world)in San Francisco, en die rooi kar



Strate van San Francisco


Golden Gate brug in die mis op Saterdagoggend. Die seslaan pad oor die brug is steeds besig



San Francisco van die Golden Gate brug


Alcatraz, in die middel van die Baai


Tonele van Muir Woods (waar die groot Redwood bome voorkom). Die Redwoods groei  hoer as die Sequoia, maar eg is veel dunner in omtrek.




Die stad Napa in die Napavallei



Orals is daar wynplase waar mens kan aangaan om wyn te proe


Wynplaas waar ons aangedoen het



Wynproe en kaas by die swembad onder die sambreel. Dis die lewe!  




Tonele van die Napavallei




Aandete by 'n Meksikaanse restaurant in Cloverdale (CA)






 


















 




1 comment:

  1. Lyk of daar baie mense op die "most crookedest"straatjie geloop het.En is daar kosmos langs die pad?Lyk my julle het Alcatraz ook n mis gegee. GEniet dit maar terdee

    ReplyDelete