Net daarna het ons weer die groot berge ingegaan en daar was groot woude van "Redwood" bome net waar jy kyk en die een boom wil net groter en mooier wees as die ander en dis nie net n woud of twee nie, die pad deur hierdie bosse hou vir 300 myl ( 480km) aan!
Dit voel rerig of daar nie einde aan die pad kom nie, maar dis baie mooi. Elke nou en dan ry ons vir lang ente langs strome en mere water wat dit nog mooier maak. Vroeer vanmore was daar heelwat mis wat dit soos n sprokies woud laat lyk. Soms loop die pad naby die die see en dan is daar ook weer mis.
Ons het by die Inligtings kantoor van die nasionle parke by Orick gestop vir goeie wenke en net n bietjie verder sien ons n troppie Elke ( takbokke).
Ons het ook nog by rusplek genaamd Mystery Trees gestop vir n wandeling waar ons die groot bome van naby af kon beskou.
So 40myl voor ons by vanaand se bestemming , Grants Pass gekom het , ry ons die staat Oregon binne, maar daar sien ons ongelukkig baie rook van groot bosbrande van so 10 dae terug , heelwat noord van hier , wat nog steeds in die lug bly hang. Dit is nie mooi nie maar n werklikheid waaraan ons gewoond moet raak want dit kan nog vir lank so bly.
Dit klink seker soos n plaat wat vashaak maar dit was weer n uitsonderlike dag.
More gaan ons DV verder in Oregon in tot by Crater Lakes Nasionale Park en dan terug see toe en verder noord so ver ons kom. Gegewe all die bergreekse wat parrallel met die kus loop, is dit moeilik om oos na wes te ry en is sulke verbindingsroetes van die binneland met die kus soms honderde myle van mekaar.
Gisteraand het ons nagereg gehad-kyk hieronder dit is n meksikaanse gereg "Sopapilla"
Laaste deel van die wynbou landskap net noord van Cloverdale
Ingang tot die hoe woude-die "Redwood Route"
En dit is hoe dit 300 myl ver lyk! Die skaal van dinge hier is net soveel groter as dit waaraan ons gewoond is.
Soms is daar waterstrome en mere
Takbokke (Elk) langs die pad
Persoon wat ons teegekom het wat die reis op die moeilike manier aanpak
En hier is sy storie
Ons sien baie mense wat so reis-hulle se dis gewoonlik "baby boomers" wat afgetree het
By "Trees of Mystery"
Soms ry ons teen die see
Ons arriveer in Oregon na 6 dae in Kalifornie























Dis ongelooflik hoe veel moois daar in die groot land is.Wat die be bared man betref, ek sal die storie maar later lees want dis bietjie on duidelik op die iPad
ReplyDeleteWaar uit bestaan die poeding op die 1e foto?
Is julle nog nie deur gesit nie en Bertie jy het nog baie myle om te doen?
Maar Ai dit lyk lekker!