'n rivier moes gaan, wat gesluit is. Met n bietjie ompad is ons weer op pad en eet ontbyt by Denny's net voor Salem.
Ons kom weer by die kus by Rose Lodge en daar is die see toe, toe van die mis. Gelukkig trek dit vinnig oop en ons kon die "sprokiesmooi" kuslyn van Oregon geniet. Ons stop by mooi uitkykpunte oa Garibaldi, Pacific City en eet 'n bakkie sop ( clam chowder) by Canon Beach vir middagete.
Ons vorder tot by Astoria, heel noord-wes in Oregon, en gaan daar oor die Colombia Rivier met n groot brug na die staat Washington . Hier verander die omgewing weer baie en kan ons ook sien hoekom Washington Staat bekend staan as die"Evergreen State".
Van hier ry ons lank langs die Columbia rivier af in n oostelike rigting en hier sien ons heelwat plase met diere. Ons ry tot by die I 5 waar ons vir n rukkie weer noord ry voordat ons naby Napavine weer oos draai rigting Mt Rainier Nas Park wat ons Dv more wil besoek. Hier kry ons Mt Rainier en Mt St Helens, met hul sneeubedekte pieke, plek plek te siene. Ons slaap oor by Morton, so 60 myl van die ingangshek van die park.
Die weer is lekker en mooiweer word vir more voorspel .. hoop ons kan mooi fotos neem van die 14000vt hoe berg. Ons beoog om more aand Dv in Seattle te slaap.
Die mielies groei hoog in die platteland van Oregon
Die houtbedryf is 'n wesenlike deel van die ekonomie in Oregon
Die naam van US 101 wat, soos die AAA toerboek se, "hugs the Oregon Coastline"
Tonele van die Noord Oregon kuslyn-met baie mere ook. Kyk die swaar mis selfs in die middel van die dag. Dis ook koelerig.
Cannon Beach
Hulle is bekommerd oor Tsunami's
Gedeelte van die lang brug oor die Columbia rivier tussen Oregon en Washington
Ons gaan Washington staat binne
Baie mooi groen landskap, met baie water
Mt Rainier loer vir ons
Ons slaap op Morton, wat sentraal in die bosbou streek is
More beskou ons Dv Mt Rainier van naderby, en wil dan probeer tot in Seattle vorder. Seattle is net 'n bietjie meer as 'n 100 myl noord van Morton.


















Goed nou weet ek waar die naam, van Oregon Pine meubels vandaan kom. Dit bly mooi ,mooi, mooi.Geniet die laaste drie dae saam
ReplyDelete